Kurt Darren

53.2k
Kurt Darren se musiek speel kliphard by kuiers, troues en feeste, want dit laat mense goed voel oor die lewe. Geen wonder Kurt Darren het reeds 9 SAMA Toekennings en meer as 12 Platinum- en 22 Goue Toekennings op sy kerfstok. Hy is al sedert die laat 90’s ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap en top vandag steeds charts regoor SA. Hy’s die Kaptein van Sokkie en staan altyd reg met ‘n nuwe treffer.
Luister hier onder na sy volledige diskografie.